Bloedvergiftiging

Die bloed van 'n slagoffer van Streptococcus pyogenes. Die streptokokke is sigbaar as kettings tussen die rooibloedselle.

Bloedvergiftiging (Sepsis) is 'n lewensgevaarlike siektetoestand, veral wanneer dit veroorsaak word deur bakterieë wat nomaalweg die vorming van etter stimuleer. Die liggaam se reaksie op infeksie veroorsaak beskadiging van sy eie weefsel en organe.

Daar is sowat 350 soorte bakterieë wat siektes by die mens veroorsaak. Hierdie mikrobes staan bekend as menslike patogene of siektekieme en hoewel die siektes wat hulle veroorsaak uiters uiteenlopend is, oefen al hierdie mikrobes hul nadelige invloed op een van slegs twee maniere uit.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search